Twee navorsingsprojekte word tans deur SAPPA gefinansier vir die afgelope twee seisoene. Albei projekte begin nou met die derde seisoen van veldwerk.

Die een is by die LNR op Bethlehem onder leiding van Dr Justin Hatting. Hierdie projek se doel is ‘n geïntegreerde plaagbeheer strategie vir pekanneute met spesiale fokus op biologiese insek beheer. Daar word elke twee maande veldopnames gedoen om vas te stel met watter insek kompleks ons in die pekanneut boorde te doen het. Data tot nou toe versamel wys dat ons geweldig baie goeie insekte in die boorde versamel en ons moet hierdie voordeel vir ons beskerm.

Die ander projek word hanteer by die UFS in Bloemfontein onder leiding van Dr Gert Marais. Hy word bygestaan deur Dr Johan Pretorius van die Bloemfontein Tegnikon asook studente aan die UFS. Twee studente pak nou verdere studies aan op pekanneute. Christoper Rothman pak sy PhD aan en Marlese Bester haar MSc. Albei binne die SAPPA pekanneut navorsingsprojek. Die grootste gedeelte van die projek handel oor swam siektes in pekanneute. Veldwerk op geselekteerde plase word gedoen vir ‘n grondlegging van wat natuurlik voorkom maar daar word ook monsters geneem van oor die land waar probleme opduik. Die ander gedeelte van die projek handel oor insekte  binne die boorde asook ‘n gedeelte wat kyk na Vlermuise en die rol wat hulle in ‘n insekbeheer program kan speel.